Bilateria

Bilateria
Kladistiese klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Subkoninkryk: Eumetazoa
Klade: Bilateria
Hatschek, 1888

Bilateria, of triploblaste, is diere met bilaterale simmetrie; hulle het dus ’n kop ("voorkant") en ’n stert ("agterkant"), sowel as ’n rug ("bokant") en ’n maag ("onderkant"). Hulle het dus ook ’n linker- en regterkant. In vergelyking hiermee het radiaal simmetriese diere soos jellievisse ’n bo- en onderkant, maar nie ’n identifiseerbare voor- of agterkant nie.[1]

Bilateria is ’n groot groep diere wat die meeste filums insluit, behalwe Porifera (sponse), Cnidaria, Placozoa en Ctenophora. Die meeste embrio's is triploblasties; dit het drie kiemlae: ’n endoderm, mesoderm en ektoderm. Feitlik almal is (heeltemal of byna) bilateraal simmetries; die mees merkwaardige uitsondering is stekelhuidiges, wat as volwassenes byna-radiale simmetrie het, maar as larwes bilateraal simmetries is.

Buiten ’n paar filums soos platwurms en Gnathostomulida het die diere volledige spysverteringskanale met ’n aparte mond en anus. Sommige diere soos bogenoemde twee filums het geen liggaamsopeninge nie, terwyl ander skynbare openinge het, soos ’n skynbuikholte.[2][3]

  1. "Bilateria" (PDF).
  2. "Probable ancestor of cephalochordates" (PDF). Penichefossil. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 November 2015. Besoek op 9 Januarie 2017.
  3. "Ediacaran fauna worms". Walter Jahn. Besoek op 9 Januarie 2017.Suny Orange

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search